’n Man is in Oranjesig met vermoedelik dwelms in sy besit aangekeer

5 days ago
1 min read
’n Man is in hegtenis geneem nadat hy met ’n swart sakkie poeier gevind is.
Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, kapt. Loraine Earle, het lede van die Bloemfonteinse Vliegende Eenheid die man Saterdagaand tydens ’n patrollie in Monumentweg in Oranjesig opgemerk.
Die polisie het hom deursoek en die poeier in sy besit gevind. Die dwelmopsporingseenheid van die Bloemfonteinse hondeafdeling is ontbied, waarna ’n dwelmhond positief op die stof gereageer het.
Die poeier word vermoedelik as efedrien geïdentifiseer en het ’n geraamde straatwaarde van R21 000.
’n Saak van dwelmbesit is geopen en die man word by die Parkweg-polisiekantoor aangehou hangende verdere ondersoek.










Comments