top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is ná 'n dekade vas

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

'n Man is in Botshabelo in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy vir byna 'n dekade lank die polisie ontduik het.


Volgens 'n polisieverklaring was die verdagte gesoek vir ernstige misdade waaronder ontvoering en verskeie verkragtings.


Dalixolo Ngamlani was gesoek in verband met ’n saak wat reeds in 2017 in die Kopanong-gebied geopen is nadat hy na bewering sy voormalige meisie ontvoer en haar teen haar wil in ’n hut aangehou het.


Ngamlani is uiteindelik by ’n plaaslike inisiasieskool in Botshabelo opgespoor. Daar is vasgestel hy werk as onderwyser by die skool. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en aangehou, en sal binnekort in die hof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: The Cable
Ter illustrasie. FOTO: The Cable

 
 
 

Comments


bottom of page