top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man kry tien jaar tronkstraf ná poging om 'n Bloemfontein-tiener te verkrag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
3 days ago
1 min read

’n 40-jarige man van Lesotho is in die Bloemfonteinse streekhof tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan poging tot verkragting van ’n 16-jarige meisie.


Volgens Netwerk24 is Baisil Steyn ook tot ’n verdere twee jaar gevangenisstraf gevonnis vir die oortreding van die Immigrasiewet.


Die saak spruit uit ’n voorval op 28 April 2024 toe Steyn die tiener agternagesit en haar met ’n mes gedreig het.


Sy het in ’n nabygeleë huis skuiling probeer soek, maar Steyn het die woning gewelddadig binnegedring en eiendom beskadig in ’n poging om by haar uit te kom.


Die huiseienaar en sy seun het die meisie te hulp gesnel, waarna Steyn in hegtenis geneem is.


Die ondersoek het ook bevind dat hy onwettig in Suid-Afrika was.

Steyn het die aanklagte ontken, maar die hof het die staat se getuienis aanvaar.


Ter Illustrasie. FOTO: KI
Ter Illustrasie. FOTO: KI

 
 
 

Comments


bottom of page