’n Man steek glo sy oom oor kos dood

Sep 7
1 min read
’n 42-jarige man is oorlede nadat hy glo tydens ’n argument oor kos deur sy 21-jarige neef doodgesteek is.
Volgens Vrystaatse apolisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, het die voorval in Monyakeng by Wesselsbron plaasgevind, waar die polisie tydens patrollies oor die steekvoorval ingelig is.
Die polisie het met hul aankoms die slagoffer met steekwonde aan die bors op die grond gevind. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.
Die argument tussen die oom en sy neef het skynbaar in die huis begin, waarna hulle glo met messe na buite gegaan het, waar die rusie verder toegeneem het.
Die neef is in hegtenis geneem, en ’n mes wat vermoedelik in die voorval gebruik is, is gekonfiskeer.








Comments