top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Man verwurg sy meisie ná vermoedelik huishoudelike geweld

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19
1 min read

'n Man van Grasslands naby Bloemfontein is tot 24 jaar se direkte gevangenisstraf gevonnis is vir die moord op sy meisie.


Die hof het gehoor dat Bloemspruit-polisielede op 'n noodoproep by 'n huis in Grasslands gereageer het, en op die liggaam van ’n vrou met kneusplekke om haar nek afgekom het. Anna Mogoase is op die toneel dood verklaar.


Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane het 'n voorlopige ondersoek aangedui dat Mogoase kort voor haar dood in ’n hewige huishoudelike woordewisseling met haar kêrel, Seuntjie Wilson Rosi, betrokke was. Die kneusplekke om haar nek dui op noodlottige verwurging of aanranding.


Oorweldigende getuienis het tot Rosi se skuldigbevinding vonnis vir moord gelei.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page