‘n Nuwe belasting kom dalk om die TV-lisensiestelsel te vervang

’n Nuwe belasting op alle huishoudings, asook ’n heffing op stromingsdienste in Suid-Afrika, is van die alternatiewe finansieringsbronne wat voorgestel word om die mislukte SABC-TV-lisensiestelsel te vervang.
Dit behels ’n belasting op Suid-Afrikaanse huishoudings wat betaalbaar sal wees ongeag of die huishouding enige SABC-inhoud gebruik of nie.
MyBroadband berig die departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sê hy beoog om hersiene finansieringsopsies teen 31 Maart 2027 aan die Parlement voor te lê vir oorweging.
Die SABC is tans veronderstel om ’n groot deel van sy inkomste deur die invordering van TV-lisensiegelde te genereer.
Die betaling van TV-lisensiegelde is ’n wetlike vereiste ingevolge die Uitsaaiwet. TV-lisensiehouers ontduik egter toenemend hierdie betalings.










Comments