top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Ondersoek gaan geloods word ná 'n seun se skokdood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 18
  • 1 min read

’n Onafhanklike ondersoek gaan geloods word ná die dood van ’n negejarige seun nadat hy na bewering vroeër vandeesmaand doodgeskok toe hy aan ’n elektriese ankerdraad geraak het.


AfriForum se Bothaville-tak en buurtwag in die Vrystaat sê daar is kommer oor moontlike foute in die dorp se kragnetwerk en infrastruktuur. Die organisasie beweer dit kan die tweede soortgelyke voorval in die gebied wees.


AfriForum doen ’n beroep op die Nala plaaslike munisipaliteit om aanspreeklikheid te aanvaar en veiligheidsrisiko’s dringend aan te spreek.


Rosestad-nuus het vroeër berig oor die voormalige Bloemfonteinse seun, Chris Foord, se dood.


Chris Foord. FOTO: BackaBuddy
Chris Foord. FOTO: BackaBuddy

 
 
 

Comments


bottom of page