top of page

Die Vrystaat rou oor ‘n negejarige seun

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 10
  • 1 min read

Talle in die Vrystaat is in rou gedompel ná die afsterwe van die negejarige Chris Foord - ’n jong seun wat vroeër deel was van ’n skoolgemeenskap in Bloemfontein.


Laerskool Jim Fouché sê op sosiale media dat Chris in 2025 ’n Graad 1-leerder by die skool was, voordat hy 2026 sy skoolloopbaan by Laerskool Loskuil, Bothaville, in Graad 2 voortgesit het.


Die skool beskryf hom as ’n lewenslustige kind, geliefd onder onderwysers en maats, met ’n besondere liefde vir rugby.


Volgens ‘n plasing op BackaBuddy het Chris sy lewe verloor nadat hy glo deur ’n eletriese kabel doodgeskok is.


Huldeblyke en medelye stroom steeds in. Die Foord-gesin word deur gemeenskappe regoor die Vrystaat ondersteun.


Chris Foord. FOTO: BackaBuddy
Chris Foord. FOTO: BackaBuddy

 
 
 

Comments


bottom of page