top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Ontbindende liggaam is in die VS gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago
1 min read

Speurders doen 'n geregtelike doodsondersoek nadat die ontbindende liggaam van ’n man tussen die ouderdomme van 30 en 45 jaar naby die Wolwelaagte-plaas in Heuningspruit in die Vrystaat ontdek is.


Volgens 'n verklaring is die polisie ontbied na waar die liggaam in ’n vervalle gebou naby die plaas aangetref is. Die liggaam is nie meer herkenbaar nie, en geen sigbare fisieke beserings is aan die liggaam opgemerk nie.


Voertuigbandspore is buite die gebou waar die liggaam gevind is, aangetref.


Die liggaam is na die staatslykshuis vervoer, waar ’n nadoodse ondersoek gedoen sal word om die identiteit van die oorledene en die oorsaak van sy dood te bepaal.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page