‘n Oplewing in die kleinveebedryf gee Vleismerino’s ‘n hupstoot in die Vrystaat
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 19, 2025
- 1 min read
’n Oplewing in die kleinveebedryf en in besonder die Suid-Afrikaanse Vleismerino het die pryse tydens die negende nasionale SAVM-veiling by die Frankfort-gholfklub, in die Vrystaat, ’n taamlike hupstoot gegee. Landbouweekblad berig Ian Grobbelaar, wat as afslaer die veiling namens Vleissentraal behartig het, sê hulle het betreklik baie belangstelling gehad en sy onderneming kan nie voorbly om skape en slagdiere te verskaf nie. Volgens Grobbelaar was die gemiddelde prys van die 48 ramme so byna R16 500 elk, wat besonders hoog is. Die duurste ram het R40 000 behaal. Intussen was die kommersiële dragtige ooie vir gemiddeld R3 800 verkoop en kommersiële nie-dragtige ooie vir gemiddeld R2 650.






Comments