top of page

'n Oud-Grey word as 'n 'onwettige immigrant' in die VSA in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

'n Oud-leerling van Grey Kollege in Bloemfontein is deur die Amerikaanse agentskap vir immigrasie- en doeane-afdwinging (ICE) in hegtenis geneem. Netwerk24 berig verder Jacobus Lodevickus Janse van Rensburg is tans, volgens sy Amerikaanse vrou, Tamra, veilig in die deelstaat Minnesota in 'n ICE-aanhoudingsentrum.


ICE sê op sosiale media Janse van Rensburg is ’n misdadiger en onwettige immigrant van Suid-Afrika. Hy word beskuldig van aanranding met ’n wapen, aanranding en dronkbestuur. Die inskrywing maak nie melding daarvan of Janse van Rensburg aangekla is nie.


Tamra sê die aantygings teen hom is nie waar nie, maar sy wou nie uitwei oor hoekom sy so sê nie. Sy wil eers met hul regsverteenwoordiger praat. Volgens haar was Janse van Rensburg nie deel van die protesoptogte teen ICE in Minnesota nie.


Sy bevestig wel op Facebook haar man is vier jaar gelede op ’n H2A-visum na die VSA om daar as plaaswerker te gaan werk.


Jacobus Lodevickus Janse van Rensburg. FOTO: Maroela Media
Jacobus Lodevickus Janse van Rensburg. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page