‘n Tsoenami-waarskuwing is vir Japan uitgereik
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 day ago
- 1 min read
'n Kragtige aardbewing van 7,1 op die Richterskaal het suidwes-Japan getref, waarna owerhede 'n tsoenami-waarskuwing vir kusgebiede uitgereik het.
Nova News berig die Japanse Meteorologiese Agentskap het berig die aardbewing het die hoogste vlak van sewe op Japan se Shindo-skaal, wat grondskudding meet, bereik.
Tsoenamigolwe van tot een meter hoog word langs die kus verwag. Die nasionale uitsaaier NHK het aangedui dat golwe van byna dié hoogte moontlik reeds op sommige plekke waargeneem is.








Comments