top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Tsoenami-waarskuwing is vir Japan uitgereik

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28
1 min read

'n Kragtige aardbewing van 7,1 op die Richterskaal het suidwes-Japan getref, waarna owerhede 'n tsoenami-waarskuwing vir kusgebiede uitgereik het.


Nova News berig die Japanse Meteorologiese Agentskap het berig die aardbewing het die hoogste vlak van sewe op Japan se Shindo-skaal, wat grondskudding meet, bereik.


Tsoenamigolwe van tot een meter hoog word langs die kus verwag. Die nasionale uitsaaier NHK het aangedui dat golwe van byna dié hoogte moontlik reeds op sommige plekke waargeneem is.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page