top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Oud-JBM-leerling sterk goed aan ná sy fratsongeluk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 9
  • 1 min read

Dokters wil die oud-Bloemfonteiner, Gerhard van Staden, geleidelik speen van die ventilator en op suurstof plaas sodat hy self kan asemhaal.


Netwerk24 berig die voormalige hoofseun van die destydse Hoërskool J.B.M. Hertzog kommunikeer met sy vrou, Lizelle, en ander lede van die familie, en volgens 'n familielid bly hy positief ondanks sy ernstige beserings.


Hy het sy nek in Desember gebreek toe ’n brander hom by Jeffreysbaai in die see omgeslaan het. Volgens omstanders was die see daardie dag baie rof. Hy word sedertdien in ’n hospitaal in Gqeberha behandel.


Gerhard van Staden. FOTO: Facebook
Gerhard van Staden. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page