'n Gebedsgroep is gestig vir 'n oudleerling van JBM Hertzog
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 6
- 1 min read
'n Gebedsgroep is deur oudleerlinge van die Hoërskool JBM Hertzog (nou die Hoërskool Bloemfontein) begin vir die skool se hoofseun en rugbykaptein van 1992, Gerhard van Staden.
Netwerk24 berig 'n vriend van Van Staden, Christo van Wyk, vra op die Facebook-groep “JBM Hertzog Oudskoliere” dat oudleerlinge vir Van Staden moet bid nadat hy sy nek gebreek en geen gevoel van sy kop tot by sy tone het nie.
Van Staden en sy vrou, Lizelle, is oorspronklik van Bloemfontein en woon nou in Gqeberha.
Die voorval het die vakansie op die hoofstrand van Jeffreysbaai gebeur toe 'n brander hom omslaan.







Comments