top of page

‘n Petroljoggie steel glo derduisende rande

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 15, 2025
  • 1 min read

‘n Petroljoggie wat glo petrolkaarte gekloon en derduisende rande van niksvermoedende motoriste gesteel het, is in hegtenis geneem.


Luidens IOL het die valke op die vulstatsie toeslaan ná hulle inligting van dié bedrogspul ontvang het.


Die petroljoggie is geïdentifiseer en deursoek. ‘n Kaartkloontoestel is glo in sy besit gevind, en hy is onmiddellik in hegtenis geneem.


Ondersoeke deur die finansiële instellings het aan die lig gebring dat kaartgebruikers 'n geraamde verlies van R469 000 gely het.


Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Balfour-landdroshof, in Mpumalanga verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels


Comments


bottom of page