top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum waarsku dat die weermag nie in beheer van rampbestuur is nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

AfriForum kritiseer planne om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag dieper by rampbestuur te betrek. Die burgerregte-organisasie sê dit is ’n poging om mislukkings by nasionale en provinsiale rampbestuur-strukture toe te smeer.


Die organisasie sê die weermag verkeer reeds onder groot druk, terwyl berigte van swak omstandighede vir soldate by Fort iKapa in die Wes-Kaap kommer wek.


AfriForum waarsku ook dat die Lugmag se gegronde helikoptervloot, weens brandstoftekorte en instandhoudingsagterstande, Suid-Afrika se rampreaksievermoë ernstig verswak het.


AfriForum se rampbestuurspesialis, Tarien Cooks, sê rampbestuur bly die staat se verantwoordelikheid.


LUISTER HIER:


Tarien Cooks

Ter illustrasie. FOTO: News24
Ter illustrasie. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page