'n Pretorianer wen die Comrades ten spyte van 'n maagprobleem, terwyl Gerda Steyn storm na haar vyfde titel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die buiteperd George Kusche het ’n maagprobleem oorkom om die 99ste Comrades-marathon met 'n nie-amptelike tyd van 5:16:06 sekondes te wen.
Times Live berig die self-afgerigte datawetenskaplike het verlede jaar in sy Comrades-debuut 12de geëindig nadat hy rondom halfpad gebraak het, maar hierdie keer het die 27-jarige nie toegelaat dat sy wedloop ontspoor toe sy maag weer probleme begin gee het nie.
Dit het gelyk of die Pretorianer moontlik pyn ervaar in die laaste 10 km van die "op-roete" van Durban na Pietermaritzburg, maar hy het sy vorm behou.
Kusche is ’n voormalige baanatleet wat aktuariële wetenskap in die Verenigde State gestudeer het.
Die oorwinning en die beste tyd het hom meer as R2 miljoen in die sak gebring.
Intussen het Gerda Steyn met ’n rekordtyd van 5:44:53 na oorwinning gestorm in die vrouewedloop. IOL berig nie net het sy ’n nuwe rekord vir die "op-roete" opgestel, maar dit was haar vierde agtereenvolgende titel en haar vyfde algehele oorwinning in dié marathon.








Comments