top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Prominente VS pad word dalk in ‘n grondpad omskep

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago
1 min read

Die Vrystaatse departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer oorweeg dit om ’n gedeelte van die R709-pad tussen Winburg en Excelsior, waarin daar talle slaggate is, in ’n grondpad te omskep.


Netwerk24 berig die woordvoerder van die departement, Hillary Mophethe, sê indien boere die petisie kan onderteken en met die voorstel saamstem, sal die distrik ’n skraper stuur om die slegste gedeelte te bewerk.


Mophethe sê 'n gedeelte van die R709 is ’n grondpad wat voorheen herstel is toe die departement die nuwe Bell-skraper getoets het.


Die departement se instandhoudingspan is tans op die R720 tussen Koppies, Edenville en Heilbron werksaam.


Van die ander paaie is deel van die Letsema-program, waar die departement diesel aan boere voorsien om die departement se toerusting te gebruik.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page