top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n R400 000-beloning word vir inligting oor die Ekurhuleni-moorde aangebied

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16
1 min read

Die polisie bied ’n beloning van R400 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes in verband met die moorde op vroue in Ekurhuleni.


Volgens SABC News is die beloning tydens ’n mediakonferensie aangekondig oor maatreëls om die verantwoordelikes vir die sterftes op te spoor.


Die polisie bevestig ook dat nog ‘n vrou se liggaam in die gebied gevind is.


Dit bring die aantal vroue wie se liggame binne minder as twee maande in die Ekurhuleni-munisipale gebied gevind is, op agt. Slegs twee van die vroue is tot dusver geïdentifiseer.


Die polisie sê hulle wil nie die sake as verwant beskou voordat die ondersoeke dit bevestig nie, maar doen ’n beroep op mense met enige inligting om na vore te kom.

 

Intussen waarsku die polisie mense om nie ‘n ongestaafde boodskap oor ’n beweerde reeksmoordenaar op sosiale media te deel nie.


Volgens die polisie beweer die boodskap dat ’n verdagte, wat met die dood van vroue in Kempton Park in Gauteng verbind word, na Potchefstroom verskuif het.


Dit beweer ook dat die polisie ’n grootskaalse operasie in die stad van stapel gestuur het.

Noordwes-polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, doen ’n beroep op die publiek om waaksaam en verantwoordelik op te tree wanneer inligting gedeel word.


Sy sê die polisie in Potchefstroom het geen amptelike verslag of klagte gevind wat die spesifieke bewerings in die boodskap bevestig nie.


LUISTER HIER:

260916nAdele-Myburgh_unverified_information

FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page