'n Radio-omroeper is vas vir die beweerde werwing van huursoldate
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 29, 2025
- 1 min read
'n Senior omroeper van SAfm, Nonkululeko Mantula, is saam met drie Suid-Afrikaanse mans weens hul beweerde betrokkenheid by die onwettige werwing van huursoldate na Rusland in hegtenis geneem.
Volgens Rapport word hulle aangekla van die beweerde oortreding van die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand.
Dié inhegtenisnemings kom 'n dag voordat die uMkhonto weSizwe Party (of MK Party) die onmiddellike uittrede van Duduzile Zuma-Sambudla as 'n lid van die parlement aangekondig het.
Rosestad-nuus het vroeër berig dit kom te midde van aantygings dat sy ook gehelp het met die werwing van Suid-Afrikaanse mans om in die oorlog tussen Rusland en Oekraïene te veg. Die MK Party se voorsitter, Nathi Nhleko, het enige betrokkenheid van die party ten sterkste ontken.





Comments