top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Radiopersoonlikheid word verbied om lasterlike bewerings Malema te maak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 20
  • 1 min read

Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn bekende radiopersoonlikheid verbied om verdere lasterlike bewerings oor die EFF-leier, Julius Malema, in die openbaar te maak.


Maroela Media berig Ngizwe Mchunu, onder meer van Vuma FM, het onder andere beweer Malema is korrup, het bande met onwettige immigrante en baat finansieel by misdaad. Die vertaalde transkripsie van een van sy opmerkings lui dat Mchunu sê Malema is soos ʼn dooie slang – iets wat nie sal wakker word nie. Hy het ook gesê Malema “moet tronk toe gaan”.


Malema se regspan het aangevoer die bewerings is vals en skaad Malema se goeie naam en reputasie, waarop hy staatmaak om sy pligte as parlementslid, asook president en opperbevelvoerder van die EFF, uit te voer.


Die hof het ook ʼn bestraffende kostebevel teen Mchunu toegestaan.


Ngizwe Mchunu. FOTO: News24
Ngizwe Mchunu. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page