'n Regter sê hy sal aanhou om 'n Vrystaatse koning as 'meneer' aan te spreek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 25
- 1 min read
Regter Rudi Cronjé het in die hooggeregshof in Bloemfontein ’n strafbevel teen ’n Vrystaatse koning gemaak oor die besetting van plase deur ’n onderdaan van hom. Dit volg op koning Letsitsa Moloi van die Bakholokoe-stam se stamhof wat vandeesweek ’n “bevel” teen die regter uitgereik het dat hy 50 beeste moet opdok omdat hy die koning in die hof as “meneer Moloi” aangespreek het.
Netwerk24 berig Cronjé het gelas dat die Rooikraal-boerdery die eienaar van die plase is, en die koning is verbied om hom as die eienaar van die grond voor te hou. Moloi mag ook geen mense toestemming gee om die grond te beset nie.
Cronjé het verwys na 'n vorige saak waar daar geen stawing was dat hy ’n koning is nie. Cronjé sê hy sal dus voortgaan om hom as "meneer Moloi" aan te spreek.




Uitstekend moenie hulle sin vir hulle gee nie.