'n Rower gee homself oor nadat hy ‘n egpaar met ‘n sekel aanrand
- Ilde Roos

- Oct 15
- 1 min read
'n Man is deur die Buffelshoek-polisie inhegtenis geneem vir die aanval op ‘n egpaar op hul plaas net buite Parys.
Polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, sê die man het homself by die Parys-polisiestasie oorgegee. Hy het voorheen op die plaas gewerk.
The Citizen berig die man word van huisroof aangekla.
Rosestad-nuus het vroeër berig die verdagte het die vrou en haar dogter in die skuur op hul plaas met 'n sekel-agtige implement aangerand. Daarna het hy die man in die huis ook aangerand, en het met die egpaar se voertuig weggery.
Die vrou moes steke vir haar wonde kry en die man is in die hospitaal opgeneem vir behandeling. Beide is reeds ontslan.



Comments