top of page

'n Vrystaatse egpaar is met 'n sekel aangerand

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 14
  • 1 min read

'n Egpaar op 'n plaas naby Parys in die Vrystaat is met ’n sekel-agtige implement aangerand.


Volgens 'n vriendin, Annika Liebenberg, is die man steeds in die hospitaal, maar is sy vrou ontslaan nadat haar wonde met steke geheg is.


Netwerk24 berig die vrou is Sondagoggend na die stoor om ’n seil te gaan soek, toe 'n rower agter 'n kwadfiets opspring. Hul een dogter, wat by hulle woon, het daar ingekom, en nadat hy hulle met die sekel bygekom het, het hy hulle in die skuur toegesluit.


Die rower is toe in die huis in, waar hy reguit na die plek toe is waar die motorsleutel gehang het. Hy het die man hier ook aangerand, en met die egpaar se voertuig weggery.


Polisiewoordvoerder, brig. Sabata Mokgwabone, het bevestig die polisie ondersoek die huisroof en aanrandings. Volgens hom is die voertuig later in Parys gewaar, maar die rower het verder te voet gevlug.


Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page