top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Russiese hommeltuig tref vulstasie in Kijif

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15
1 min read

’n Russiese hommeltuig het Dinsdag ’n vulstasie in die Oekraïense hoofstad, Kijif, getref en een persoon beseer.


Daar was glo ook ’n aanval op pakhuisfasiliteite in ’n ander deel van die stad.


Die aanvalle volg ’n dag nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het dat Oekraïne en Rusland ooreengekom het om nie mekaar se energie-infrastruktuur te teiken nie.


Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, sê Kijif is bereid om ’n Amerikaanse voorstel vir ’n wapenstilstand wat op energie-fasiliteite betrekking het, te steun.


Hy sê egter dit sal slegs gebeur indien die VSA kan verseker dat Rusland werklik bereid is om die oorlog te beëindig.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page