top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n SA vrou maak geskiedenis met die Einstein-beurs

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21
1 min read

Stellenbosch-universiteitsakademikus Delecia Davids het geskiedenis gemaak as die eerste Suid-Afrikaner wat vir die gesogte Einstein-beurs gekies is. Die beurs word een keer per jaar toegeken, en slegs aan een persoon.


Davids sal tydens haar beurs in die tuinwoonstel by Einstein se voormalige somerhuis in Caputh, Duitsland, woon en werk.


Good Things Guy berig Davids se beursprojek is getiteld Reparative storytelling, memory, and identity en sal die verhale ondersoek van mense in Suid-Afrika wat hulself as bruin identifiseer. Die projek het ontstaan uit persoonlike verlies ná haar pa se dood in 2023, wat haar daartoe gelei het om familie- en gemeenskapsgeskiedenisse te ondersoek waaroor dikwels nie vrae gevra word nie.


Die ten volle befondsde beurs gee akademici onder die ouderdom van 30 die geleentheid om buite hul gewone vakgebied te beweeg en ’n interdissiplinêre projek te ondersoek, in navolging van Albert Einstein se eie wydlopende benadering tot idees.


Delecia Davids. FOTO: Good Things Guy
Delecia Davids. FOTO: Good Things Guy

 
 
 

Comments


bottom of page