'n Sakeman betwis bewerings dat insleep-ondernemings vir dwelmsmokkelary gebruik word

Die KwaZulu-Natalse sakeman Clive Naicker het bewerings betwis dat insleepondernemings vir dwelmsmokkelary gebruik word, en sê daar is geen bewyse van arrestasies met betrekking tot insleepvoertuie in die gebiede waar hulle bedrywig is nie.
Naicker het Maandag voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig.
Regter Mbuyiseli Madlanga het kommer uitgespreek op grond van vorige getuienis.
Naicker het egter erken dat sommige insleepvoertuigbestuurders dagga gebruik, maar het aangevoer dat dit onregverdig is om die hele insleepbedryf met dwelmhandel te verbind.
LUISTER HIER:
Naicker het wel bevestig dat geweld en moorde steeds 'n ernstige probleem in die wegsleepbedryf is. Hy sê die bedryf is winsgewend, veral vir operateurs wat voertuie onwettig insleep en buitensporige vrystellingsfooie van motoriste eis.
Naicker sê sommige hef tussen R20 000 en R35 000 vir die vrystelling van voertuie wat oornag gehou is, in vergelyking met sy maatskappy se fooie van R 500 tot R7 500.










Comments