top of page

‘n Skietvoorval tussen parkwagters en vermeende stropers word ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 14, 2025
  • 1 min read

'n Skietvoorval tussen parkwagters en vermeende stropers in die Krugerwildtuin word ondersoek. Dit na die liggaam van 'n vermeende stroper oor die naweek met 'n skietwond in die park gevind is. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die man moontlik tydens 'n skietgeveg met veldwagters geskiet is. Eyewitness News berig veldwagters was op patrollie toe hulle drie vermeende stropers teëgekom het. Die veldwagters het hulle beveel om te stop, maar hulle het gereageer deur op die veldwagters te skiet, wat na bewering teruggeskiet het. Daar word verder berig twee renosterhorings is in die ooledene se rugsak gevind. Volgens die polisie is die twee ander vermeende stropers wat daarin geslaag het om van die toneel te vlug, steeds sop vrye voet.

 
 
 

Comments


bottom of page