top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Skietvoorval tussen parkwagters en vermeende stropers word ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 14, 2025
1 min read

'n Skietvoorval tussen parkwagters en vermeende stropers in die Krugerwildtuin word ondersoek. Dit na die liggaam van 'n vermeende stroper oor die naweek met 'n skietwond in die park gevind is. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die man moontlik tydens 'n skietgeveg met veldwagters geskiet is. Eyewitness News berig veldwagters was op patrollie toe hulle drie vermeende stropers teëgekom het. Die veldwagters het hulle beveel om te stop, maar hulle het gereageer deur op die veldwagters te skiet, wat na bewering teruggeskiet het. Daar word verder berig twee renosterhorings is in die ooledene se rugsak gevind. Volgens die polisie is die twee ander vermeende stropers wat daarin geslaag het om van die toneel te vlug, steeds sop vrye voet.

 
 
 

Comments


bottom of page