'n Skoolhandboek-uitgewery met 'n reusekontrak is dae ná die kontrakspesifikasies eers geregistreer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 28
- 1 min read
’n Uitgewery wat daarop aanspraak maak om meer as R285 miljoen te verdien met die vervaardiging van handboeke en leer- en onderrigondersteuningsmateriaal vir die Departement van Basiese Onderwys, is drie dae ná die uitreiking van die kontrakspesifikasies geregistreer.
News24 berig die maatskappy, Lighthouse Publishers, is net meer as ’n kwart van die totale goedkeurings vir die publikasie van handboeke vir Graad 1- tot 3- leerders landwyd toegeken, ten spyte daarvan dat dit ’n dag vóór die departement se formele inligtingsessie oor die kontrakvereistes geregistreer is.
Meer as 6 000 titels wat deur 19 uitgewers ingedien is, is vir publikasie goedgekeur, met die totale koste van die bestellings wat op R1,6 miljard geraam word.
Die uitgewersbedryf is in rep en roer oor hoe Lighthouse Publishers – waarvan die direkteure erken dat hulle op afstand werk en wat geen kantoorruimte het nie – daarin geslaag het om die grootste deel van die projek te bekom.
Die maatskappy se geregistreerde adres is 'n kothuis in Simonstad wat aan die ma van een van sy twee direkteure behoort en glo as vakansieverblyf verhuur word.








Comments