Jong skuts lê binnekort aan vir die 2026-kampioenskappe

27 minutes ago
1 min read
Skuts van regoor Suid-Afrika kom binnekort in Bloemfontein bymekaar vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie, oftewel SANSSU, se 2026-kampioenskappe.
Met Hoërskool Sentraal en Hoërskool Willem Postma as die middelpunt van ’n week vol presisie, sportmanskap en kameraderie, word gewere en pistole die naweek ingeskiet.
Dit word gevolg deur skietkompetisies wat Maandag amptelik afskop en die Top-8 Grootkampioen-kompetisie wat volgende week Donderdag die geleentheid afsluit.
Intussen het SANSSU deelnemers in ‘n kennisgewing daaraan herinner dat skuts daagliks ewekansig vir toetsing vir verbode middels geselekteer kan word. Alle skuts word versoek om vooraf die vereiste vorm te voltooi.








Comments