top of page

'n Staalheining word versoek naby 'n Bloemfonteinse spoorweg

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 10 hours ago
  • 1 min read

‘n Versoekskrif is opgestel wat die Mangaung-metro versoek om ‘n staalheining dringend al langs die spoorlyn tussen Gardeniapark aangrensend aan Wilgehof, en Fichardtpark aangrensend aan Hospitaalpark, opgerig word.


Bloemnuus berig DA-raadslid Hennie van Niekerk sê dit is onveilig en vuil rondom die twee voetoorgange. Kinders wat weerskante van die spoorlyn woon en skoolgaan, stap daagliks hier en dit stel hul lewe in gevaar. Benewens die talle skole is die Pasteur-hospitaal ook in dié omgewing.


Met die versoekskrif word gevra dat ‘n heining opgerig word van Curielaan by die skouterrein, oor ongeveer 1 km tot by die N1-brug by Brandkop. Dit sal voetgangers dwing om die voetbrûe te gebruik.


Van Niekerk sê die versoek is al die afgelope vier jaar geïgnoreer.


FOTO: Bloemnuus
FOTO: Bloemnuus

Comments


bottom of page