top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Taakspan is saamgestel ná die moord op twee vroue in die Vrystaat

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago
1 min read

Die polisie ondersoek twee afsonderlike moorde op vroue in Theunissen en het ’n multidissiplinêre taakspan saamgestel om die verdagtes op te spoor.


Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, is die vroue se liggame die naweek op twee afsonderlike tonele gevind.


Die eerste vrou se liggaam is Saterdag in ’n verlate gebou in Le Rouxstraat gevind, terwyl die tweede vrou se liggaam Sondagaand in ’n toilet by ’n verlate gebou naby ’n dagsorgsentrum in Masilo gevind is.4


Die motief vir die twee moorde is nog onbekend en geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page