top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Terapiehond hou 'n kind se hand vas in die hof

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 1
  • 1 min read

'n Opgeleide terapiehond het geskiedenis gemaak as die eerste opgeleide terapiehond in Suid-Afrika wat ʼn kindergetuie amptelik tydens hofverrigtinge in die Kaapstadse hooggeregshof bystaan.


Maroela Media berig Toffee Beanz, 'n driejarige goue apporteerhond, is deel van 'n baanbrekersinisiatief van die Jelly Beanz-stigting, ʼn organisasie wat spesialiseer in trauma-ingeligte sorg vir kinders wat mishandeling en verwaarlosing ervaar het.


Volgens die stigting betree duisende kinders jaarliks die regstelsel as slagoffers of getuies van geweld, maar slegs ʼn klein persentasie van hierdie sake lei tot skuldigbevindings. Die rede hiervoor is dikwels die intense trauma wat kinders in die getuiebank ervaar, wat hul vermoë om doeltreffend te getuig, kniehalter. Toffee Beanz is nou daar om daardie swaar las van angs te help verlig.


Die direkteur van Jelly Beanz en Toffee se eienaar, Edith Kriel, sê die teenwoordigheid van ʼn hond bring neurologiese kalmte – die hartklop en bloeddruk daal, en angs neem af. Dit maak die getuienis beter, en, nog belangriker, dit maak die kind se ervaring menswaardig.


Sy vertel een besondere oomblik het ʼn diep indruk op die teenwoordiges gemaak. Die kind het in 'n stadium gesukkel om te praat. Toffee het net na die kind gekyk en stilletjies haar poot op die kind se skoot gesit. Die kind het die pootjie vasgehou en kon voortgaan. Kriel sê dit was ʼn kragtige, stille vorm van ondersteuning wat geen woorde nodig gehad het nie.


Toffee Beanz, die terapiehond. FOTO: Maroela Media
Toffee Beanz, die terapiehond. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page