‘n Tiener is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem

5 days ago
1 min read
Die polisie het ’n 18-jarige in hegtenis geneem ná ’n skietvoorval in die Krugerwildtuin.
Wildbewaarders het die polisie ontbied en hulle van die skietvoorval in die Vhembe-distrik ingelig.
Die verdagte is met ’n skietwond aan sy been gevind.
Die polisie het ook ’n buffelkarkas in die omgewing ontdek.
’n Polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, sê die man is beseer tydens ’n skietgeveg tussen wilddiewe en wildbewaarders in die park.










Comments