'n Tuinwerker bid daagliks vir 'n jong Bfn vrou
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Die band tussen ’n tuinwerker en ’n jong vrou van Bloemfontein met ’n seldsame rugmurgtoestand het die afgelope week mense oor die land heen se harte aangeraak.
Netwerk24 berig Johannes Mohlomelo bid elke dag vir Lehandri Robberts, wat vroeër vanjaar met spinale arterioveneuse malformasie (AVM) gediagnoseer is. Sy sukkel sedertdien om te loop en verloor maklik haar balans.
Mohlomolo studeer teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en preek gereeld op straat. Hy is tans in sy derde jaar van studies, en hy doen tuinwerk om ’n ekstra inkomste te verdien.
’n Video van hoe Mohlomelo vir Robberts bid, is teen Donderdag byna 4 000 keer op Facebook gekyk.
Dié twee bid elke oggend en aand saam oor WhatsApp-teksboodskappe.
Mohlomelo sê hy glo daar is baie krag in gebed en Robberts is vir ’n rede oor sy pad gestuur. Hy sê hy moes juis in haar tuin kom werk sodat hy vir haar kan bid.








Comments