top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n UV-regstudent verloor die hofstryd om sy graad te kry

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago
1 min read

'n Voormalige regstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se aansoek om die universiteit se besluit om nie sy graad aan hom toe te ken nie, tersyde te stel, is van die hand gewys.


Netwerk24 berig Lisolomzi Evidence Magenuka het nie sy LLB-graad binne die voorgeskrewe vier jaar, plus die bykomende twee jaar wat die universiteit toelaat, voltooi nie. Die UV het as spesiale vergunning ’n soortgelyke module aan een van dié wat uitgefaseer is, aangebied om hom te help.


Die UV het ook toegelaat dat hy 'n soortgelyke module by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) voltooi. Magenuka het egter versuim om hom betyds by die UWK te registreer.


Hy het uitdeindelik gevra dat die graad eerder regstreeks aan hom toegeken word, en hom meer as 'n jaar later tot die hof gewend.


Die waarnemende regter van die Hooggeregshof in Bloemfontein, Stefan Grobler, het die aansoek op meriete van die hand gewys. Grobler het bevind dat die hof, sonder ’n rekord van die gebeure en oorwegings wat tot die UV besluit gelei het, nie kon bepaal of die besluit irrasioneel was nie.


Ter illustrasie. FOTO: UV
Ter illustrasie. FOTO: UV

 
 
 

Comments


bottom of page