top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Verdagte is binne sewe minute in Heuwelsig aangekeer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago
1 min read

’n Verdagte is binne sewe minute aangekeer nadat  inligting ontvang is oor die beweerde diefstal van metaalhuisnommers in Heuwelsig.


Volgens Pro Force Security Group se plasing op sosiale media het die voorval om 12:00 in Gilles van der Waltstraat plaas gevind.


Twee sekuriteitsvoertuie is onmiddellik na die straat gestuur, waar die beamptes die verdagte met die vermoedelik gesteelde huisnommers aangetref het.


Die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem.


FOTO: Pro Force Security Group
FOTO: Pro Force Security Group

 
 
 

Comments


bottom of page