top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Verkragter se appèlaansoek teen sy 'buitensporige vonnis' misluk

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7
1 min read

’n Vrystaatse man wat sy biologiese dogter verkrag het, se appèlaansoek teen sy lewenslange tronkstraf is in die hooggeregshof in Bloemfontein van die hand gewys.


Die man het hom tot die hof gewend om te appelleer teen die "skokkend, swaar en onvanpaste" vonnis.


Netwerk24 berig hierteenoor het die staat aangevoer dat die appellant die klaer se biologiese pa is en dat daar van hom verwag is om haar versorger en beskermer te wees, nie die persoon wat haar sou verkrag nie.


Die staat sê hy het geen opregte berou getoon totdat hy besef het dat die getuienis teen hom oorweldigend was en dat hy geen ander keuse gehad het as om skuldig te pleit nie.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik die pa is op 13 Augustus verlede jaar skuldig bevind en gevonnis vir die verkragting van sy 12-jarige biologiese dogter.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die regter sê die slagoffer-impakverslag maak dit duidelik dat die verkragting ’n baie ernstige en nadelige uitwerking op die klaer vir die res van haar lewe gehad het. Daarmee saam het die verhoorhof die appellant se persoonlike omstandighede deeglik oorweeg, maar sy bewering van berou verwerp as blote spyt omdat hy betrap is. Voorts het hy nie die hof in sy vertroue geneem om sy dade te verduidelik nie, maar het hy liewer sy toevlug geneem tot woordspel eerder as om openhartig te sê dat hy jammer is dat hy sy kind verkrag het.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page