top of page

‘n Vermeende kinderverkragter van Bloemfontein moet vir waarneming gaan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 5
  • 1 min read

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die driejarige Katleho Leeuw van Glen buite Bloemfontein verkrag en vermoor het, moet na die Vrystaatse Psigiatriese Sentrum vir waarneming gaan.


Netwerk24 berig die 30-jarige Kholisiwe Jonas het vir die tweede keer in die Bloemfontein landdroshof verkyn.


Jonas het sy borgtogaansoek laat vaar, en die saak is tot 4 Desember vir die aanhoor van die psigiatriese- en verdere misdaadondersoek uitgestel.


Katleho se liggaam is verlede maand sowat 200m van haar huis in ‘n digte bos gevind, twee dae nadat sy as vermis aangemeld is.


Bytmerke aan haar lyf word met Jonas verbind.


Hy is in 2018 ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê vir statutêre verkragting en ‘n beskermingsbevel is teen hom uitgereik.


Katleho Leeuw. FOTO: Verskaf
Katleho Leeuw. FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page