top of page

'n Vermeende moordenaar se familie sit die Bfn-hofbanke vol

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Updated: 5 days ago

Terwyl die slagoffer se kant van die hof leeg was, het die familie van 'n vermeende moordenaar en verkragter van ’n jong vrou wat pas matriek voltooi het, die banke van die landdroshof in Bloemfontein vol gesit.


Dit is volgens Netwerk24, wat verder berig aktiviste het ook Woensdag voor die landdroshof betoog tydens die man se eerste verskyning. Thabiso Mabane word aangekla van ontvoering, verkragting en moord nadat Relebohile Makhore se verminkte liggaam die naweek in die Phomolong- informele nedersetting naby Bloemfontein gevind is.


Vriende buite die hof sê Makhore het verlede jaar matriek aan die Moemedi High School in Bloemfontein voltooi. Dit is onduidelik of Makhore en Mabane in ’n verhouding was.


Rosestad-nuus het vroeër berig die slagoffer is naak gevind, haar gesig was geswel, en daar was sigbare wurgmerke om haar nek.


Die saak is tot 4 Februarie uitgestel wanneer Mabane om borgtog sal aansoek doen.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page