'n VS man is vas vir moord en moontlik verkragting
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 27
- 1 min read
'n Man is in hegtenis geneem vir die moord en moontlike seksuele aanranding van 'n vrou in Phomolong in Bloemspruit.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in 'n verklaring die polisie is na die toneel ontbied waar hulle die liggaam van die slagoffer gekry het. Sy was naak en haar gesig was geswel, en daar was sigbare wurgmerke om haar nek.
Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van moord en verkragting verskyn.







Comments