top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Vermeende stroper is dood nadat hy van olifante af vlug

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14
1 min read

’n Vermeende stroper is in die Krugerwildtuin dood aangetref nadat hy van ’n trop olifante gevlug het.


SANParke-woordvoerder JP Louw sê veldwagters in die Krugerwildtuin het inligting ontvang oor twee vermeende stropers wat na bewering die park onwettig deur die Pafuri-gebied binnegegaan het.


The Citizen berig voorlopige inligting dui daarop dat die twee verdagtes binne die park op ’n trop olifante afgekom het en in verskillende rigtings gevlug het, waarna hulle kontak met mekaar verloor het. Een van die verdagtes het later teruggekeer en aangemeld dat die ander vermis is en hy hom gehoor skree het.


Louw sê veldwagters het spore gevolg en die liggaam van die vermiste verdagte gevind. Hy voeg by die saak is by die polisie aangemeld.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page