’n Video wys hoe gevangenes by die Kgosi Mampuru-gevangenis dans

Die Departement van Korrektiewe Dienste het selfone, dwelms en ander verbode items gekonfiskeer nadat ’n video verskyn het waarin gevangenes in Pretoria se Kgosi Mampuru die Tweede Korrektiewe Inrigting dans en musiek speel.
’n Dringende deursoeking het onder meer vyf selfone, drie roeteerders, ’n skootrekenaar, 194 Mandrax-tablette, dagga, onwettige sigarette en skerp voorwerpe aan die lig gebring.
Die nasionale kommissaris, Makgothi Samuel Thobakgale, het ’n ondersoek gelas na hoe die smokkelware die inrigting binnegekom het.
Volgens die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sal die gevangenes wat in die video geïdentifiseer is, asook dié by wie verbode items gevind is, dissiplinêre stappe in die gesig staar.
Nxumalo sê die moontlike betrokkenheid of nalatigheid van beamptes sal ook ondersoek word.










Comments