'n Vier dae oue babaseuntjie is lewend in Zastron gevind

'n Vier dae oue babaseuntjie is lewend en ongedeerd op die drumpel van ’n huis in Zastron in die Vrystaat gevind.
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê in 'n verklaring ’n handgeskrewe briefie, wat na bewering deur die ma geskryf is, het aangedui dat sy nie bewus was van die swangerskap nie en voel dat sy nie in staat is om die baba die nodige sorg te gee nie.
Noodmediesedienste het die baba na die Embekweni-distrikshospitaal vervoer. In ooreenstemming met bestaande kinderbeskermingsprotokolle is die baba aan maatskaplike werkers se sorg toevertrou, terwyl die toepaslike regs- en ander nodige prosesse voortgaan.
Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, sê sulke situasies moet met deernis eerder as veroordeling hanteer word.








Comments