'n Viëtnam-veteraan se seun spoor mense op wat as kinders bemoedigingsbriewe geskryf het

2 hours ago
1 min read
’n Versameling briewe wat in 1967 deur 33 Amerikaanse skoolkinders aan ’n gewonde veteraan van die Viëtnamoorlog geskryf is, bring byna 60 jaar later mense weer bymekaar.
Die kinders van die St. Ann-skool in Massachusetts, VSA, het aanmoedigingsboodskappe geskryf aan Russell Jacobson, ’n hospitaalsoldaat in die vloot, wat 12 skietwonde en beserings deur granaatsplinters opgedoen het.
Sy seun, Dave, het intussen begin om die skrywers van die briewe op te spoor om vir hulle te vertel hoeveel hul boodskappe vir sy pa beteken het.
Hy het reeds 18 van die 33 skrywers opgespoor.










Comments