top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Voetganger is dood ná twee voertuie in Waverley bots

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
18 minutes ago
1 min read

Die Bayswater-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n noodlottige ongeluk Saterdagmiddag waarin ’n vrou dood is.


Die polisie sê in 'n verklaring volgens berigte het die oorledene in die middel van die pad by die kruising van Waverley- en Milnerweg in Waverley in Bloemfontein gestaan en geld gevra toe ’n blou Ford Ranger Raptor, wat vanuit die ooste gekom het en regs wou draai, met ’n bruin Suzuki Swift gebots het. Die Suzuki het vanuit die weste gekom en reguit gery.


Ná die botsing het die Ranger glo oor die vrou gery en teen ’n elektriese paal gebots. Polisiebeamptes wat op die toneel aangekom het, het die vrou onder die Ford Ranger Raptor aangetref. Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.


Die ondersoek duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page