top of page

'n Vrou is vas nadat 'n baba verlate gevind is

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 19
  • 1 min read

‘n Jong vrou van Mandela Park naby Phuthaditjhaba in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met ‘n insident waar ‘n pasgebore baba gevind is.


Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in ‘n mediaverklaring die vrou word aangekla van poging tot moord, en sal binnekort in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.


Rosestad-nuus het vroeër berig van die baba-seuntjie wat verlate deur ‘n beeswagter gevind is. Die baba is vir mediese sorg geneem en die naelstring was steeds vas.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page