top of page

’n Veewagter vind ‘n pasgebore baba verlate in die veld

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 16
  • 1 min read

’n Pasgebore baba is naby ’n dreineringskanaal in die Vrystaatse Phuthaditjhaba munisipaliteit verlate gevind - nadat ’n veewagter hom hoor huil het.


Volgens ’n mediaverklaring was die babaseuntjie in ’n blou kombers toegedraai en die naelstring was nog aangeheg.


Polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en die baba is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.


Die identiteit van die biologiese ma is nog onbekend.


Die saak is op ’n klag van poging tot moord na die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vir verdere ondersoek verwys.


Enigiemand met inligting word versoek om die polisie te kontak.


Ter illustrasie. FOTO: SAPD
Ter illustrasie. FOTO: SAPD

Comments


bottom of page