‘n Vrystaat-boer se moordenaar wag op sy vonnis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 22
- 1 min read
Die man wat skuldig bevind is aan die moord op ’n Vrystaat-boer, sal later vanjaar gevonnis word.
Volgens Maroela Media het Jaco Botha Dinsdag vlugtig in die hooggeregshof in Pretoria verskyn waar sy borgtogaansoek uitgestel is aangesien bykomende eedsverklarings deur die staat bekom is en sy nuwe advokaat dit eers moes nagaan.
Hy is in Maart skuldig bevind aan die moord op Christian van Tonder, ’n boer van die Oos-Vrystaat, wat in 2021 vermoor is.
Die hof het bevind die moord met voorbedagte rade was, en Botha is ook skuldig bevind aan diefstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Hy bly in aanhouding nadat sy borgtog ná sy skuldigbevinding teruggetrek is.
Botha sal na verwagting later vanjaar gevonnis word, terwyl hy intussen weer om borgtog aansoek wil doen.








Comments