’n Vrystaatse boer wen sy eis teen die Padongelukkefonds

’n Vrystaatse boer het sy eis vir verlies aan verdienste teen die Padongelukkefonds gewen, nadat ’n ongeluk hom verhinder het om grootliks die fisiese werk van sy boerdery self te doen.
Volgens IOL is die boer in 2011 in ’n ongeluk op die N5 tussen Bethlehem en Paul Roux beseer.
Sedert die ongeluk moes hy werkers aanstel omdat hy nie meer die fisiese werk self kan verrig nie. Hy ervaar daaglikse pyn en sukkel onder meer om lank te staan, te loop, swaar voorwerpe te lig en ’n trekker te bestuur.
Die Vrystaatse Hooggeregshof het bevind daar is ’n werklike risiko dat hy weens sy beserings nie meer as boer sal kan werk voordat hy vroeë aftrede bereik nie.
Die presiese bedrag wat die Padongelukkefonds moet betaal, moet nog bereken word.








Comments